Lianèl Schwartz has become an integral part of the wedding scene in Rustenburg over the last twelve years. She is an extraordinary talent producing innovative, original designs comparable to the best in the fashion trade.


Lianèl trained at the highly acclaimed National Academy of Fashion where she excelled for her outstanding artistic touch and creativity. Her career kicked off in Cape Town where she gained valuable experience in designing and producing evening-wear, wedding gowns and corporate lines for a wide range of clients.


Lianèl settled in Rustenburg – where she grew up – several years ago and has since been on the lips of every woman who loves designer clothes. She lavishes special attention on every client, analysing tiny details to make each garment a personal item uniquely yours. As being a perfectionist every stitch and each small detail need to be to her satisfaction before a dress is handed over to the client. She uses only the finest fabrics and specially selected laces and beads in her creations.


The client remains her first priority and she ensures that every client is and feels like a million dollars in her garments. Haute couture is her passion and she has proven herself to be in the same league with South Africa’s best designers.


Lianél is spreekwoordelik met die goue skêr in die hand gebore. Sy het selfs voordat sy skool toe is vir haar poppe die mees kreatiewe uitrustings gemaak – skeef en krom maar uiters kreatief! Kreatiwiteit is tot vandag toe die een uitstaande kenmerk wat haar laat uitstyg bo die bestes.


As hoërskooldogter het sy die basiese tegnieke van goeie naaldwerk baasgeraak en aan verskeie kompetisies deelgeneem onder die streng leiding van ‘n bekwame onderwyseres. Sy het besluit op mode-ontwerp as beroep en die diploma in haute couture verwerf aan die Nasionale Mode Akademie waar sy uitgeblink het in kreatiewe ontwerp en kuns. Dit is juis hierdie kunstige oog en kreatiewe brein wat haar uitrustings kenmerk. Elke skepping is uniek en elke skepping groei en neem vorm aan soos wat dit vorder. Geen twee kledingstukke is ooit dieselfde nie en elkeen neem die karakter van sy eienaar aan.


Lianél se leuse is: Jy moet die uitrusting dra, die uitrusting moet jou nie dra nie. Dit kom daarop neer dat die klere jou persoonlikheid en skoonheid moet uitbring en nie oordonder nie. Die twee komplementeer mekaar en vorm ‘n volmaakte eenheid en “ ‘n skitterende jy”.


Vyf jaar in die klerebedryf in die Kaap het Lianél oortuig dat sy wil spesialiseer in rokke vir baie spesiale geleenthede.


Elke bruid is uniek in haar oe en sy sorg dat elkeen se beste bates na vore kom vir die een dag wat jy op jou mooiste wil lyk. Haar skeppings vir matrieksafskeide dra ook haar spesiale stempel van kreatiwiteit en oorspronklikheid.